Wednesday 15 October 2014

Suikerlose gemmerkoekies





Suikerlose gemmerkoekies
Lewer 24
Bereiding: 10 min.
Bak: 10 min.
250 ml (1 k) meel
125 ml (½ k) hawermoutsemels
5 ml (1 t) fyn gemmer
2,5 ml (½ t) fyn gemengde spesery
2,5 ml (½ t) koeksoda
60 ml (¼ k) xylitol-versoeter
45 ml (3 e) water
40 g margarien
1 groot eier
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 1 of 2 bakplate.
  1. Meng die meel, hawermoutsemels, gemmer, gemengde spesery en koeksoda.
  2. Verhit die versoeter en margarien saam in ’n kastrol oor lae hitte. Giet die water stadig in terwyl jy roer tot die versoeter opgelos het.
  3. Voeg die versoetermengsel en eier by die droë bestanddele en meng goed.
  4. Rol die deeg in balletjies en rangskik op die bakplaat of bakplate. Maak dit effens plat met hou hand of die onderkant van ’n glas. Laat op ’n draadrak afkoel.