Wednesday 15 October 2014

Geborduurde seilskoene



Geborduurde seilskoene

Jy benodig
• ’n paar wit seilskoene
• patroon
• rooi string-borduurgare
• vingerhoed
• kleremakerskoolpapier
• potlood


So maak jy
1
Trek die patron af en vergroot dit sodat dit op die sykant van die skoen sal pas. Trek die ontwerp op die skoen af met die kleremakerskoolpapier en ’n skerp potlood.

2 Gebruik drie draadjies borduurgare, werk in satynsteek en borduur eers die blomblare van die blom. Begin die blomblaar van die middel af na die punt toe borduur. Werk die steke dig op mekaar om ’n soliede vorm te gee. Werk met ’n vingerhoed sodat jy die naald deur die seilmateriaal kan druk sonder om jou vingers seer te maak.

3 Wanneer die blomblare voltooi is, werk die stingel in voorstekies. Werk al die steke ewe lank en ewe ver van mekaar. Heg die punte van die garedrade aan die binne- kant van die skoen vas deur dit deur die agterkant van die steke te weef. Moenie knopies maak om die drade te heg nie, aangesien die skoene dan ongemaklik sal voel wanneer jy dit aanhet.