Wednesday, 22 October 2014

SILWERKOEK




SILWERKOEK

Jy benodig
3 kp bruismeel
1 tlpl bakpoeier
1/4 tlpl sout
2/3 kp botter
1 tlpl vanielje ekstrak
1 kp melk
5 eierwitte
Metode
Sif meel, bakpoeier en sout saam
Verroom botter, suiker en vanielje
Meng bietjies meel en melk om die beurt by
Klits eierwitte tot stywe punte vorm en vou by beslag
Voer bodems van drie koekpannetjies met bakpapier
Verdeel beslag tussen pannetjies
Bak in oond teen 180°C vir 30 minute
Laat afkoel en verwyder uit pannetjies
Smeer klapperversiersel op elke koek en stapel op mekaar

KLAPPERVERSIERSEL:

Jy benodig
1 1/2 kp dubbelroom
1 tlpl vanielje ekstrak
4 eetlpl versiersuiker, gesif
1 1/2 kp klapper
Metode
Klits room tot stywe punte vorm
Vou suiker en vanielje by
Vou klapper by