Thursday, 16 October 2014

Pink Marmer Koek




Pink Marmer Koek
Bestanddele:
Koek:
187 ml (¾ k) kookwater...
125 ml (½ k) olie
5 eiers
375 ml (1½ k) strooisuiker
625 ml (2½ k) koekmeel

30 ml (2 e) melkpoeier
10 ml (2 t) bakpoeier
knypie sout
5 ml (1 t) vanielje
2 druppels donkerpienk jel kleursel
Versiersel:
250 ml (1 k) versiersuiker
30 ml (2 e) kookwater
2,5 ml (½ t) suurlemoensap
1 druppel donkerpienk jel kleursel
Metode:
Stel oond op 180°C.
1. Koek Meng kookwater en olie en hou eenkant.
2. Klits eiers goed en voeg suiker bietjies-bietjies by terwyl geklits word.
3. Sif koekmeel, melkpoeier, bakpoeier en sout.
4. Roer meelmengsel en oliemengsel beurtelings by eiermengsel tot beslag vorm.
5. Verdeel beslag in twee.
6. Roer vanielje by een helfte en jel­kleursel by ander helfte van beslag.
7. Skep wit beslag in ge­smeerde ringkoekpan met 26 cm-deursnee gevolg deur pienk beslag. Trek sosatiestokkie deur beslag om marmerpatroon te skep.
8. Bak vir 30 min of tot toets­pen skoon uitkom.
9. Versiersel Sif versiersui­ker in groot mengbak.
10. Meng kookwater, suurlemoensap en kleursel en roer by versiersuiker. Dit moet dik, maar loperige versiersel wees. Voeg nog bietjie kookwater by indien nodig.
11. Skep versiersel bo-oor koek en sit voor.
***Wenk: Pienk jelkleursel kan ook deur pienk of rooi voedselkleursel vervang word. Gebruik minder rooi kleursel om pienk kleur te kry