Monday 15 September 2014

Pizza-omelet



Pizza-omelet
Bestanddele:
6 eiers
125 ml (½ k) water
sout en peper
50 ml (4 e) botter
5 ml (1 t) gemengde kruie
10 ml (2 t) tamatiepuree
250 ml (1 k) gekapte ham
2 tamaties, geskil en in skywe gesny
6 skywe Cheddar-kaas

Metode:

1. Klits die eiers, voeg water by en geur na smaak.
2. Smelt die botter in ‘n groot pan. Voeg daarna eiers by sodra die botter sis.
3. Trek die gestolde eier weg van die kante van die pan sodat die rou eier kan inloop.
4. Sprinkel die kruie bo-oor sodra die onderkant gestol is, maar die bokant nog klam is.
5. Meng tamatiepuree en ham. Smeer oor die omelet.
6. Rangskik tamatie- en kaasskywe oor die ham en laat smelt onder die element van die oond.