Tuesday 16 September 2014

Ontbyt Sosaties




ONTBYT SOSATIES
Porsies: 12

1 pakkie varkworsies
1 pakkie dik spek
12 kersietamaties, in die helfte gesny
12 sampioene, in die helfte gesny
25 ml olie

handvol tiemietakkies
sout en gemaalde swartpeper
12 sosatiestokkies


Druk die varkvleis uit die wors se omhulsel en rol in klein balletjies.
Sny die spek in ±2cm stukke.
Ryg die sosatiestokkie met die bestanddele; varkworsie, kersietamatie, sampioen, spek, kersietamatie, sampioen, varkworsie.
Sprinkel met die olie en tiemie en geur goed met sout en swartpeper.
Braai oor die kole of in die oond tot gaar