Monday 15 September 2014

Ontbytstafies




Ontbytstafies
125 g dadels, baie fyn gesny
60 ml kookwater
1 piesang, fyn gedruk
30 ml heuning
100 g lae-vet margarien
30 ml sonneblomsaad
30 ml lynsaad
250 ml hawermout
125 ml volkoringmeel (nutty wheat)

Voorverhit die oond tot 180 grade en voer die koekpan van 25 x 15 cm uit met bakpapier. Plaas die dadels in 'n kastrol en giet die water by. Verhit tot kookpunt, laat 1 minuut prut en verwyder van die hitte. Voeg die piesang, heuning en margarien by, meng goed tot die margarien gesmelt is en laat eenkant staan. Meng die sade, meel en hawermout in 'n bak. maak 'n holte in die middel en voeg die dadelmengsel by. Meng deeglik en skep in die voorbereide pan. Smeer gelyk en bak sowat 30 minute tot goudbruin. Laat afkoel, sny in stafies en bere in 'n lugdigte houer. Lewer 14 stafies.

Energie: 894 kJ per porsie