Friday 12 September 2014

Granadilla Yskastert



Hierdie tert sal ook deur ons diabetiese vriende ge-eet kan word


Granadilla Yskastert
200 ml kookwater
1x 80g pakkie jelliepoeier OF 3 x 10g –pakkies suikervrye jelliepoeier
250 ml vetvrye melk
2 ml vanielje geursel
30 ml (2 eetlepels) suiker ( Kan vervang word met ‘n suiker substitute?)
30 ml (2 eetlepels) vlapoeier
380g (1 blik) ingedamplte melk, verkil oornag in die yskas
200g (1 pakkie) spysverteringkoekies (Bv. Bettasnack original)
1 klein blikkie granadella moes
Los die jelliepoeier p in die kookwater en verkil in die yskas tot dik maar nie heeltemal gestol nie.
Verhit die meeste van die melk tot kookpunt.
Gebruik die oorblywende melk en meng die vlapoeier saam met die vanielje geursel en suiker tot ‘n gladde pasta.
Gooi bietjie van die warm melk by die pasta, meng en verdik die res van die melk hiermee oor lae hitte. Roer voortdurend tot dit verdik en plaas dan die vla in die yskas.
Klits die ingedamte melk styf. Vou die halfgestolde jellie by die ingedampte melk in. Klop tot die volume verdubbel het.
Plaas die koekies in ‘n plastieksak en druk fyn met koekroller. Sprinkel ‘n dun lagie krummels in ‘n reghoekige of vierkantige tertbak.
Meng die grenadella moes met die vla mengsel. Smeer oor die koekies.
Sprinkel nog ‘n laag koekies oor die vlalaag. Giet nou die ingedampte melk mengsel (stadig en versigtig) oor die koekiekrummels.
Versier met oorblywende koekiekrummels en laat stol in yskas tot benodig