Sunday 14 September 2014

Eierbroodjie, piesang en stroop kebabs





Eierbroodjie, piesang en stroop kebabs
2-4 snye brood per persoon
sout en peper na smaak
2 eiers geklits met bietjie melk - per broodjie, (2 snye)
bietjie melk
bietjie olie
esdoornstroop - "maple stroop"
piesangs - in skywe gesny
sosatiestokkies
Klits eiers met sout en peper, bietjie melk
Sny Brood in vierkante
Maak pan lekker warm met bietjie olie, doop jou toebroodjies in eiermengsel, en braai soos eierbrood tot mooi goudbruin
Ryg gebakte broodjies met afwisselend piesang tussenin.
Bedien dadelik met stroop