Thursday 18 September 2014

Blatjang Aartappels




Blatjang Aartappels
6-8 medium aartappels
sout
250 ml blatjang (ek gebruik maar altyd Mrs Balls)
250 ml kookwater
125 ml mayonnaise
1 pakkie bruin uiesoppoeier
gerasperde kaas na smaak

Kook die aartappels met die skil aan tot net sag. Verhit solank die oond tot 180 grade.
Dreineer die aartappels en behou die skil. Halveer elke aartappel oorlangs. Plaas die halwes met die gesnyde kante na bo in 'n vlak oondvaste bak. Meng die blatjang, kookwater, mayonnaise en uie soppoeier saam en skep dit oor die aartappels. Sprinkel die kaas bo-oor. Bak die gereg vir 30 minute. Bedien warm