Friday 25 July 2014

Maklike Skilpadjies




Maklike Skilpadjies
- 500 g heel lewer
- 1 kg netvet van ‘n skaap of vark
- Tandestokkies
- Sout en peper
Braai
Sny die lewer op in stukkies van ongeveer 5cm by 2cm en trek die vliesies af.
Sny die netvet in stukkies op wat groot genoeg is om die lewerstukkies in toe te draai.
Sout en peper die lewerstukkies en draai dan elkeen afsonderlik in ‘n stukkie netvet toe.
Steek die vet met ‘n tandestokkie vas.
Braai die skilpadjies vir 10 – 15 minute op matige kole tot bruin en bedien onmiddelik