Friday 25 July 2014

Geurige rolkoek-nagereg




Geurige rolkoek-nagereg
BESTANDDELE
1 kg gekoopte deeg
sowat 120 ml bruinsuiker
fyngedrukte saadjies van 6-8 kardemompeule
5 ml fyn kaneel
60 – 90 ml droë klapper
300 ml room
vla om voor te sit
 
AANWYSINGS
1 Rol die deeg so dun uit as moontlik en strooi bruinsuiker, speserye en klapper mildelik daaroor.
Rol dan die deeg toe, amper soos ’n rolkoek.
2 Plaas vir so 30 minute in die vrieskas tot dit
hard word. Haal uit wanneer dit ferm is en sny
in 3 cm-dik snye.
3 Pak die skywe deeg styf teen mekaar onderin ’n gietysterpot wat met botter gesmeer is.
4 Gooi die room oor en strooi weer bruinsuiker, speserye en klapper oor.
5 Sit die deksel op of bedek met foelie en plaas oor matige kole nadat jy jou hoofgereg gaargemaak het.
Bak vir so 45 minute. Sit warm voor met vla.