Thursday 5 June 2014

Theuns Jordaan se Malvapoeding




Theuns Jordaan se Malvapoeding
Bestanddele
200ml (net meer as 3/4k )suiker
2 eiers
15ml (1e)appelkooskonfyt
250ml (1k) koekmeel
5ml (1t) koeksoda
2ml (1/2t) sout
30ml (2e) botter, gesmelt
10ml (2t) bruinasyn
125ml (1/2k) melk
5ml (1t) vanieljegeursel
Sous
180ml (3/4k) room
100g botter
180ml (3/4k) suiker
125ml (1/2k) warm water
Metode
1. Voorverhit die oond tot 180°C en smeer die holtes
van ‘n mini-muffinpan met botter.
2. Klits die suiker en eiers baie goed saam tot liggeel
en dik (8-10min) .
3. Voeg die konfyt by en klits weer. Sif die meel,
koeksoda en sout bo-oor.
4. Meng die botter, asyn, melk en vanieljegeursel en
voeg ook by die eiermengsel.
5. Klits tot gemeng, skep ‘n eetlepel beslag in elke
holte van die pan en bak vir 10-15 minute.
6. Maak die stroop deur die room, botter, suiker en
water te verhit tot die suiker gesmelt is. Kook vir 2-3
minute en skep die stroop oor elke poeding sodra
dit uit die oond kom.
Laaf afkoel. Hou enige orige stroop vir opdiening.