Poeding in 'n beker
Hierdie maklike poeding is definitief ʼn staatmakerresep om onverwagte gaste te beïndruk. Dit kan gemaak word terwyl jy wag vir die koffieketel om te kook. Jy kan dit ook ʼn paar uur vooraf maak en in die yskas laat wag, maak net seker dit is teen kamertemperatuur voor jy dit in die mikrogolf sit (indien nog koud – mikrogolf bietjie langer)....
(Bedien 2)
120 ml meel
120 ml suiker
2 eiers
90 ml melk
90 ml olie
2 e konfyt/kakao/koffie ens.
Meng al die bestanddele saam en skep in twee bekers of bakkies. Bak 3 minute op hoog in die mikrogolf. Voel bo-op, as dit nog klam is, mikrogolf ʼn klein bietjie langer.
(Pasella)