Wednesday, 18 June 2014
Plaatkoekies
Plaatkoekies
Genoeg vir sowat 8-10 koekies
250 ml bruismeel
2 ml sout
15-25 ml suiker
1 eiers, geklits
Sowat 180 ml melk (2/3 k)
30 ml gesmelte botter of mengsel van botter en kookolie
Ekstra kookolie vir braai
1. Meng die bruismeel, sout en suiker saam in ‘n groot mengbak.
2. Meng die eier, melk, botter en of olie tot ‘n dik beslag vorm.
3. Verhit ‘n bietie van die kookolie in die pan en skep groot lepelsvol van die beslag in die verhitte pan.
4. Braai die plaatkoekies totdat jy dit losmaak met ‘n eierspaan, draai elke plaatkoekie om en braai tot goudbruin aan beide kante.
5. Sit voor saam met gebraaie piesang, kaas, spek en stroop of heuning.