Sunday 29 June 2014

Maklike tunatert





Maklike tunatert
 LEWER 1 TERT VAN 20 CM
Bereiding: 10 minute...
Baktyd: 35 minute

2 eiers, effens geklits
5 ml (1 t) worcestersous
1 blikkie (170 g) tuna in pekelwater, gedreineer
1 klein ui, gekap
45 ml (3 e) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas
250 ml (1 k) melk
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n pasteibak van 20 cm.
Plaas al die bestanddele in ’n bak. Hou ’n bietjie kaas eenkant om bo-oor te sprinkel.
Meng goed en skep in die gesmeerde bak. Sprinkel die orige kaas oor. Bak 35 minute tot gestol en goudkleurig.
Sit warm of koud voor.