Sunday 29 June 2014

basaarpoeding resepte




Marietjie Marè
 
Hier is 'n paar basaarpoeding resepte soos aangevra (ek het sowaar onthou!). Ek het gevind die mense hou baie van "trifle", malva- en sagopoeding. En dan maar die gewone jellie en vla. Ons het ook die lekker nagereg gemaak (eintlik 'n tert) wat met fyngemaakte pynappel, kondensmelk, malvalekkers en suurlemoensap gemaak word.

GROEN POEDING:
Maak 2 pakkies groenpruimpoeding aan volgens aanwysings op die pakkie. Sit dit in die yskas tot dit net-net begin stol. Meng 'n ...blikkie kondensmelk en 100ml melk by die jellie en sit dit weer in die yskas om heeltemal te stol.

SNEEUPOEDING:
Sprinkel 22.5ml gelatien oor 60ml water en laat dit uitswel. Verhit 250ml water tot dit begin prut, voeg die gelatien by en en roer tot dit smelt. Voeg 250ml suiker, 60ml suurlemoensap en die skil van 'n halwe suurlemoen by. Gooi die mengsel in 'n groot bak en laat dit eenkant afkoel. Klits dit met 'n klitser tot dit sponserig is en amper gestol het. Klits 2 eierwitte styf, voeg die gelatienmengsel by en vou dit liggies in. Sit die bak in die yskas tot gestol.

KOEJAWELSKUIM:
Maak 2 pakkies suurlemoenjellie aan volgens die aanwysings op die pakkie. Sit dit in die yskas tot dit net-net begin stol. Gebruik 'n elektriese klitser om 'n blik yskoue ingedampte melk te klits tot dit baie skuimerig is. Voeg die jellie by terwyl jy heeltyd klits. Sit dit vir omtrent 30 minute terug in die yskas. Dreineer 2 klein blikke koejawels. Kap die koejawels fyn en roer dit by die res van die poeding. Sit dit terug in die yskas om te stol.



Carin Pelser

Koop Moirs se creme caramel. Maak dit aan met 250 ml melk en 250 ml room. Volg mikrogolf instruksies op pakkie. Deel dit tussen vier bakkies en laat stol in yskas. Meng die kleiner pakkie in die boksie met strooisuiker. Strooi bo oor en karamaliseer dit. Heerlikste creme brulé en maklik.

Vinnige en maklike VANILLA POEDING
Bestanddele:
1/2 koppie suiker
1/4 koppie mielieblom (maizina)
2 eiergele, geklits
1/4 teelepel sout
2 1/2 koppies melk
1 eetlepel botter
1 1/2 teelepel vanieljegeursel
Metode;
Meng al die bestanddele in ‘n medium kastrol oor medium hitte. Roer aanhoudend totdat poeding verdik vir ongeveer 5 tot 10 minute. Hou verkoel.
Variasies:
Sjokoladepoeding: Voeg 2  sjokolade blokkies by
Botterkaramel poeding: gebruik 1/2 koppie ligte bruinsuiker en 1/4 koppie suiker in plaas van 1/2 koppie suiker
*
BLITS VINNIGE KLITSPOEDING:
Dit is binne minute gereed om bedien te word.
1 x 410 g blik yskoue ideal melk
1 pakkie kitspoeding – vanielje of piesang geur
50 ml aarbeikonfyt
METODE:
Klits die ingedampte melk tot styf.
Klits die kitspoeding by tot gemeng en laat ‘n paar minute staan.
Klits die konfyt by.
Gooi die mengsel in ‘n mooi poedingbak en plaas in die yskas om te stol.
*
KOUE SAGOPOEDING
4 koppie melk.
1 koppie melk.
4 eiers.
1 koppie kookwater.
1 koppie sago.
1 koppie suiker.
1 p. jellie
Kook 4 koppie melk en sago saam. Meng orige melk, suiker en eiergele en voeg by sagomengsel.
Los jellie in kookwater op en voeg by mengsel.
Klop wit van eier styf en vou in. Plaas in yskas.
*
JELLYSKUIM:
1pakkie jellie, 3eetlepels suiker en 1koppie kook water, meng als goed. Sit 8ysblokkies eenkant, begin klits jelly met n elektriese handklitser, gooi ys blokkie vir blokkie by, klits elke keer goed tot blokkie gesmelt het voor jy nog n blokkie by gooi. Dit maak lieflike sagte skuim, ekonomies en maklik.
*
GRENADELLA  MELKJELLIE
1 pakkie grenadella jellie
250 ml kondensmelk
100 ml grenadellamoes
125 ml vars room, geklop
Maak jellie volgens aanwysings op pakkie en laat afkoel. Voeg kondensmelk en grenadellamoes by en klits goed om te meng. Giet in nat jellievorm en laat stol. Keer uit op opdienbord. Klop vars room totdat stywe punte vorm. Versier jellie met geklopte room. Porsies 4-6
*
FEETJIEPOEP
1 sjokolade sponskoek
1 blik karamel kondensmelk
1 houertjie room
sjerrie van jou keuse
Breek koek in groot krummels.
Pak in bak.
Sprinkel sjerrie oor.
Klits room styf en klits karamel daarby in.
Skep bo-op koek.
Herhaal lae.
Ek gaan sommer 2 blikke karamel en orley whip gebruik.Los bietjie geklitste room uit vir heel bo-op.Versier met gekrummelde flake en kersies.Hoe langer dit staan, hoe lekkerder
*
SNEEUPOEDING:
4 kop water
1 en half kop suiker
sout
3 hoogvol eetlepels maizina
4 eierwitte (styf geklop)
1 tl wynsteensuur
1 tl suurlemoengeursel
Kook water, suiker en sout.
Maak maizina aan met bietjie waterenvoeg die kokende suikerwater by.
Verwyder van stoof en vou styfgeklopte eierwitte, wynsteensuur en geursel by.
Plaas in yskas.
*
BASAAR POEDING
4 Blikkies idealmelk (oornag in yskas)
1 botter aanmaak Passion-fruit koeldrank
4 pakkies suurlemoen jellie (aangemaak en laat afkoel net voor stol stadium)
Klits melk tot dik skuim, meng jellie in en gooi koeldrankstroop by
Hou aan met klits tot goed gemeng is en verkoel in yskas
*
PYNAPPEL POEDING/MOUSSE
1 Blikkie Ideal melk, oornag verkoel in yskas
1 Pakkie pynappel jellie
1 Blikkie Crushed Pynappel.
Gooi die stroop van die pynappel af en los die jelliepoeier daarin op. Voeg ‘n klein bietjie water by indien die vloeistof te min is. Sit in die yskas tot so halfpad gestol en soos eierwit lyk. Klits dan die ideal melk tot dik en dubbeld in volume. Voeg nou die jelliemengsel en crushed pynappel by. Meng deur en sit in die yskas in ‘n mooi opdienbak om te stol.
Dit kan ook vir ‘n tert gebruik word – pak dan ‘n laag tennisbeskuitjies onder in ‘n bak en gooi die helfde van die vulsel oor. Nog ‘n lagie beskuitjies en dan die res van die vulsel. Krummel een of twee koekies bo-oor vir garnering en sit in die yskas om te stol.
*
OROS POEDING (50mense)
3 blikkies Idealmelk (oornag in yskas)
5 desertl gelatien (opgelos in koue water en so ‘n paar sek in mikkie tot gesmelt)
Los op 5 kop suiker in 2 en half kop kookwater, voeg gelatien by -
Gooi 2 bottels oros (750ml elk) by stroop mengsel
Sit in yskas om af te koel maar dit moet nie stol nie -
Klits nou die ideal melk styf en voeg by bo-genoemde – Sit in yskas om te stol -
*
BASAAR POEDING (Lewer 50 skeppe)
8 Pakkies Jellie (jou keuse)
16 koppies kookwater
1 blik kondensmelk
ingelegde vrugte (enige hoeveelheid) sny net fyn en klein stukkies
Los jellie in water op (jy kan die sap van die ingelegde vrugte ook gebruik om die jellie mee aan te maak)
Laat afkoel
Voeg kondensmelk by asook die vrugte
Sit in yskas – verkieslik oornag.
*
KOEJAWELPOEDING
1 groot blik koejawels fyngemaak met sap
2 pakkies aarbei jellie aangemaak met 3 kop kookwater
1 blik kondensmelk
500ml vla (slap aangemaak met net ongeveer 4tl vlapoeier sonder suiker)
Meng jellie en laat afkoel, nie stol – voeg alles bymekaar – meng goed en laat staan verkieslik oornag in yskas
*
JELLIEPOEDING
4 pakkies jellie, verskillende kleure
30ml gelatien
125ml koue water
1blik kondensmelk
375ml kookwater
Berei jellie in afsonderlike houers soos op pakkie en laat stol.
Sny in blokkies en plaas alles in ‘n groot bak.
Hou verkoel tot nodig.
Sprinkel gelatien oor koue water en laat week tot sponsig.
Verhit in mikrogolf ongeveer 30-60 sek
Meng kondensmelk en kookwater. Meng gelatien in.
Laat afkoel maar nie stol.
Giet oor jellieblokkies. Roer een keer deur.
Laat stol in yskas.
Geniet met vla
*
KLEURVOLLE JELLIE
1 pakkie groen jellie
1 pakkie geel/oranje jellie
1 pakkie rooi jellie
.aangemaak volgens aanwysings op die pakkie en gestol in die yskas.
1 blikkie kondensmelk
125 ml suurlemoensap
Sny die jellie in blokkies en skep deurmekaar in ‘n mooi glasbak. Meng die jellie en suurlemoensap tot dik… (Die GEHEIM om kondensmelk en suurlemoensap dik te kry is om dit net in EEN rigting met ‘n lepel saam te vou. Moenie wil en wakker roer nie. Rustig, een rigting, invou!) Gooi oor die jellie.
*
IDEALMELK EN JELLIEPOEDING:
2 pakkies jellie
1 blikkie idealmelk (oornag in yskas)
Maak jou 2 jellie aan met :
450ml kookwater en 400ml koue water
Laat staan en koel heeltemal af – nie gestol
Klits die idealmelk styf met klitser en vou in poeding in
Plaas in yskas tot gestol
*
BIETJIE POEDING – BAIE POEDING
2 Pakkies jellie
Maak jellie aan met
300ml kookwater en 300ml kouewater
Laat effe afkoel
GOOI YSBLOKKIES IN JELLIE – SO EEN ICE CUBE TRAY -
Klits nou VINNIG die jellie tot so wit skuim en dik is, en al die ysblokkies gesmelt is.
Plaas in yskas
*
LIEFSTE LAAGPOEDING (Uit Kermiskos)
1 x 397 g kondensmelk
125 ml suurlemoensap
1 pak Mariebeskuitjies
500 ml baie dik vanieljevla, afgekoel
Meng kondensmelk en suurlemoensap. Pak ‘n laag beskuitjies op die boom van ‘n ronde bak. Skep ‘n laag vla ongeveer ,5 cm dik op beskuitjielaag en smeer glad. Pak weer laag beskuitjies en smeer ‘n laag kondensmelkmengsel oor. Herhaal die lae en eindig met kondensmelkmengsel. Strooi fyn beskuitjiekrummels bo-oor. Sit in koelkas om goed koud te word. Opsioneel, klits room styf en sit bo-op net voor bedien.

(Kreatiewe Kosidees)