Thursday 12 June 2014

Hoender-broodpoeding




 
 
Hoender-broodpoeding
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 35-40 minute
staantyd: 15 minute

olyfolie
400 g hoenderborsfilette, in blokkies gesny
sout en peper na smaak
1 ui, gekap
150 g sampioene, in skyfies gesny
5 ml (1 t) droë basiliekruid
5 ml (1 t) droë oregano
2 songedroogde tamaties in vinaigrette, gekap
250 ml (1 k) gerasperde sterk cheddar- of fetakaas
8 snye witbrood sonder korsies, in driehoekies gesny
3 ekstragroot eiers
300 ml melk
vars basilieblare slaai vir voorsit
  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Smeer ’n oondvaste bak.
  1. Verhit die olie, geur die hoender met sout en peper en braai in die warm olie tot effens bruin. Bedek en stoombraai tot gaar.
  2. Skep die hoender uit en roerbraai die ui tot sag. Voeg die sampioene by en roerbraai tot gaar.
  3. Meng die uimengsel met die hoender en voeg die kruie, tamatie en die helfte van die kaas by.
  4. Rangskik die brood in die bak en giet die hoendermengsel oor.
  5. Klits die eiers en melk saam, geur met sout en peper en giet oor die hoendermengsel. Laat 15 minute staan om
  6. goed in te trek. Sprinkel res van die kaas oor en bak 35-40 minute tot gestol.
  7. Garneer met vars basilie en sit voor met slaai.