Wednesday 11 June 2014

Chilli con Carne-pannekoek





Chilli con Carne-pannekoek
6 porsies


2 eetlepels olie
1 ui, baie fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
500 g maer maalvleis
1 geskilde wortel, in klein blokkies gesny
1 teelepel sout
1 teelepel koljanderpoeier
1 teelepel komyn
1 teelepel droë rissies
1 x 400-g blik gekapte tamaties
1 x 50 g-sakkie tamatiepuree
1 klein groen soetrissie, in klein blokkies gesny
1 x 410 g-blik boontjies in tamatiesous
Meng die bestanddele. Verhit die olie in ’n pan en braai die ui en knoffel tot sag. Voeg die maalvleis by en braai tot die vleis los en bruin is. Voeg die res van die bestanddele by buiten die groen soetrissie en boontjies.
Laat dit prut. Laat vir sowat 15 minute prut of tot die wortel sag is. Roer die groen soetrissie en boontjies by tot dit deurwarm is voor jy dit voorsit.
WENK: Suurroom loop mooi saam met hierdie vulsel – as jy dit in die bos in die hande kan kry.