Tuesday 17 June 2014

Anysbeskuit




Anysbeskuit
Bestanddele:
 1,5kg bruismeel
 1t sout
 250g botter of margarien
 1,5k suiker
 2k melk
 3eiers
 2-3 e anyssaad
Metode:
 1. Voorverhit die oond tot 180°C.
 2. Meng die meel en sout en vryf die botter daarin.
 3. Maak die melk warm (nie kokend nie) en los die suiker daarin op. Laat die melk staan om af te koel tot louwarm.
 4. Klits die eiers op hul eie en dan saam met die melkmengsel. Voeg die vloeistof by die droë bestanddele en meng met ʼn houtlepel. Voeg nog melk by indien die deeg te droog is. Knie dit goed. 5. Plaas dit in drie gesmeerde panne en bak dit vir een uur. Sny na gelang in stukke. Droog dit oornag in die oond teen 90°C.