Thursday 22 May 2014

Pannekoek





Pannekoek kan ‘n vinnige aandete, ontbyt of lekker snoephappie word, om nie eens van nagereg te praat nie. Vries die pannekoeke in stapels van 20 met bakpapier tussen elke pannekoek om die ontvriesslag te vergemaklik.

Genoeg vir 24
8 eiers...
1,5 liter (6 k) water

1 liter (4 k) meel
10 ml (2 t) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
olie om mee te bak
1 Klop die eiers en water saam tot skuimerig. Sif die meel, bakpoeier en sout by en klop tot ‘n gladde beslag. Laat rus vir 30 min.
2 Verhit die olie in ‘n groot braaipan oor matige tot hoë hitte. Gooi die oortollige olie uit in ‘n bakkie en hou eenkant.
3 Gooi 60 ml (¼ k) van die beslag in die pan en kantel die pan tot die boom bedek is. Bak vir sowat 1 min. tot ligbruin en die pannekoek van die kante begin wegtrek. Draai om en bak vir nog 1 min.