Thursday 22 May 2014

ONTBYT/BRUNCH PANNEKOEK




ONTBYT/BRUNCH PANNEKOEK
1 pak sampioene
1 pak kaasworsies...
1 pak repiespek
2 tamaties
1 hardgekookte eier per porsie

1 pannekoek per porsie
Só maak jy
1. ’n ‘Mixed grill’. Sny die sampioene in skyfies en braai dit in ’n pan totdat dit mooi goudbruin is. Braai nou sommer in dieselfde pan vir elke porsie twee repe spek en ’n kaasworsie totdat die spek lekker bros en die worsie deurgaar is.
2. Tap die olie af. Skep dit alles op kombuispapier uit om te dreineer.
3. Laat die hardgekookte eiers ’n bietjie afkoel, dop dit af en sny elke eier oor sy lengte in middeldeur.
4. Paslaken vir ’n beker. plaas ’n pannekoek binne-in ’n blikbeker sodat die rande ’n bietjie na buite oorhang.
5. Laai hom vol. Sny die kaasworsie en spekrepies middeldeur, die tamatie in wiggies en pak dan al die ontbytkos binne-in die pannekoek. Sprinkel ’n bietjie sout oor en sit dit voor voordat dit afkoel.
(Tiaan Langenegger)