Wednesday 28 May 2014

MAKLIKE AARTAPPELGEREG SONDER MOEITE





MAKLIKE AARTAPPELGEREG SONDER MOEITE !!

Baie gewild as grootmaat resep by funksies
Ek het so nou en dan die maklike bekostigbare aartappelgereg vir julle as byg...ereg gegee, maar nog nooit 'n foto geneem as ek dit gemaak het nie.
Saterdag het ons 'n funksie gehad en die gereg het toe weer op die tafel beland.
Skrop aartappels skoon (ons hou die skil aan of skil indien verkies) Kook in soutwater tot gaar.
Sny in blokke van ongeveer 1 cm groot
Braai intussen gekapte spek tot bros en hou eenkant (net klein bietjie - dis net vir geur en garnering)
Gooi aartappel blokkies in plat opskepbak
Hou warm in die lou-oond tot net voor opdiening
Net voor opdiening, smelt botter, knoffel, sout, peper en droe pietersielie in die mikrogolf en bring tot KOOKPUNT - dit moet kook en borrel om die knoffelsmaak te aktiveer.
Gooi bo-oor die aartappels, sprinkel die spek oor en vars gekapte pietersielie of spruituie.
Ons het vir 60 mense gemaak en die volgende resep was genoegsaam. Het 3 oondpanne lekker volgemaak.
7kg aartappels
2 pakkies spek
1x 500gr blok botter + nog so ongeveer 'n kwart blok)
1 tl sout (opgehoop)
1 tl peper (opgehoop)
1 na 2 eetlepel knoffel (ons gebruik die in die houertjies)
2 na 3 tl droe pietersielie
1/2 koppie gekapte vars pietersielie of spruituie