Wednesday 28 May 2014

Lana van Helsdingen se Koeksister Resep





Lana van Helsdingen
 
My moeksie se outydse koeksister resep. Vir die wat gevra het. Vir die vriendin wat dit vir die eerste keer wil maak sal ek stap vir stap verduidelik. Ons het van die deeg Saterdag en oorblywende stroop in die vrieskas gegooi en vanmiddag gebak. Ek was verbaas dat dit nog krakeriger uitgekom het. Die fotos is vanmiddag geneem.

 KOEKSISTERS
3 kop meel
bietjie sout
2 eetl marg...
2 eiers deeglik geklop
6 teel bakpoeier (plat) (ja die hoev is reg dit moet 6 wees)
1 en 1/4 kop melk
METODE
Vryf die marg in die meel, dan die sout en bakpoeier. Knie dit goed met die geklitste eier en melk. As jou deeg nog baie klewerig is gooi gerus handvol meel of meer by en knie totdat dit lekker elasties en uitrolbaar is. Maak deeg dig toe en sit in die vrieskas solank jy die stroop kook.
KOEKSISTERSTROOP
10 kop suiker (ek het bruin en wit gemeng daarom is my stroop so donker.)
5 kop water
2 eetl stroop
1/2 kop suurlemoensap (of 2 teel kremetart) ek het suurlemoensap gebr.
Opsioneel 1 teel gemmer. Los as jy nie van gemmer hou.
METODE
Kook jou stroop vir 10 min dat dit lekker borrel. Haal af en laat so 2 tot 3 uur staan om af te koel. Dit moet nie warm wees as jy die koeksisters doop nie.
Na 2 tot 3 ure haal jy jou deeg uit vrieskas en rol uit en sny. Vleg en plaas dan in warm olie. (Olie moet borrel as jy die deeg insit) Braai dit altwee kante bruin en gooi dit direk dan in jou stroop en dompel die koeksister onmiddelik in die stroop om te trek, dit moet onder gaan. Net so paar sekonders dan plaas jy die volgende koeksisters wat gereed is. Haal dit dan uit en plaas in jou vergieter om af te drup om plek te maak vir die volg koeksisters wat gedoop moet word.
Wanneer jy klaar is en stroop oorbly kan jy dit in die vrieskas vir maande bere dan kan jy dit weer gebruik as jy koeksisters bak.
Die geheim om dit krakerig te hou is om dit direk in die yskas te plaas en dit so te gebruik uit die yskas. Wanneer dit warm word raak dit sag..Lekker eet....