Wednesday 21 May 2014

Koffie en Neutkoek



Koffie en Neutkoek

Lewer een groot koek
5E Kitskoffie
2E Kookwater
240gr. Okkerneute
240gr. Haselneute
1 Vanieljepeul
380gr. Botter
380gr. Bruinsuiker
5 Medium Eiers
100gr Koekmeel
1t Bakpoeier

• Voorverhit die oond tot 160°C.
• Los die kitskoffie in die kookwater op en roer versigtig tot glad. Laat afkoel.
• Kap die Okkerneute tot grof of medium-grootte.
• Maak seker die donker skille is verwyder van die Haselneute, plaas in ‘n voedselverwerker saam met die Vanieljepeul en maal tot ‘n fyn poeier.
• Plaas die Botter en Suiker in ‘n menger en room tot lig van kleur.
• Roer die Neut- en Vanieljemengsel by tot glad.
• Voeg die eiers by, een op ‘n slag.
• Roer nou die Koekmeel, Bakpoeier en Koffie by. Maak seker die beslag is goed gemeng.
• Skep die beslag in ‘n koekpan en bak vir 1 ½ uur of tot gaar.
• Verwyder uit die oond en laat afkoel.