Wednesday 21 May 2014

Appelkoos- en Okkerneutbrood




Appelkoos- en Okkerneutbrood

300gr. Bruinbroodmeel
1 ½ t kitsgis
75gr. Okkerneute, grof gekap
75gr. Gedroogde appelkose, grof gekap
Sout
250ml Water

• Begin deur die meel in ‘n mengbak te plaas. Voeg die sout en kitsgis by.
• Die appelkose en okkerneute word nou bygevoeg.
• Voeg die water by en meng totdat al die meel geabsorbeer is.
• Bedek en laat rus vir 30 minute.
• Plaas die deeg op ‘n werksoppervlak en knie vir ‘n minuut of twee. Plaas die deeg terug in die mengbak, bedek en laat toe om te rys vir nog 30 minute.
• Verwyder die deeg en knie totdat al die lug uit is. Vorm die deeg soos verkies.
• Rys vir 30 – 40 minute en bak daarna in ‘n voorverhitte oond teen 200°C vir 10 minute. Verlaag die temperatuur tot 180°C en bak vir ‘n verdere 40 minute.
• Verwyder uit die oond en laat afkoel.