Monday, 19 May 2014
Hoender-en-roomkaas-kaaskoek
Hoender-en-roomkaas-kaaskoek
genoeg vir 8
gaarmaaktyd: 30 minute
Kors
• 150 g soutbeskuitjies van jou keuse
• 25 g (30 ml) botter, gesmelt
Vulsel
• 250 g roomkaas
• 250 ml room
• 2 eiers
• 200 g gaar oorskiet- hoender, opgekap
• 3 sprietuie, gekap
• klein hand vol pietersielie en grasuie, gekap
• 50 g pecorino-kaas, gerasper
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 50 g mozzarella-kaas, gerasper
Verhit oond tot 200 °C.
Spuit ’n 24 cm-tertbak met kleefwerende kossproei. Kap beskuitjies in ’n voedsel- verwerker tot fyn. Voeg gesmelte botter by en meng goed. Skep mengsel in tert- bak en gebruik jou vinger- punte om dit onderin die bak vas te druk. Plaas in yskas tot benodig. Plaas roomkaas, room en eiers in ’n mengbak en meng goed met ’n draad- klitser. Voeg hoenderstukke, sprietuie, pietersielie en grasuie, en pecorino-kaas by. Geur met sout en peper. Plaas tertbak met kors op ’n bakplaat en skep vulsel in. Sprinkel gerasperde mozzarella oor en bak 30 minute tot gestol en bruin van kleur. Laat effens afkoel en sit voor met ’n groenslaai.