Thursday 29 May 2014

Geweekte Muesli met Klappermelk, Speserye en gedroogde vrugte




Chris Smit het hierdie heerlike gereg gisteraand op Geure uit die Vallei gemaak:

Geweekte Muesli met Klappermelk, Speserye en gedroogde vrugte
200gr. Hawermout
125ml. Appelsap...
1 Blikkie Klappermelk
¼ t Kaneelpoeier
6 Kardemompeule, fyn gemaal
1 Granny Smith Appel, gerasper

1 Klein pynappel, fyngekap
Vars Bessies en vrugte om mee op te dien
Heuning om mee op te dien
• Meng die hawermout, appelsap en klappermelk. Laat vir ‘n paar ure of oornag staan.
• Kombineer die res van die bestanddele en bedien met vars vrugte en heuning indien verkies.