Thursday 22 May 2014

Brandewyn Poeding met Skop




Brandewyn Poeding met Skop
Bestanddele:
5 ml koeksoda ...
250 ml kookwater
150 g ontpitte dadels, fyngekap
150 g vrugte koekmengsel
150 g neute van jou keuse , grof gekap
100 g glanskersies rooi

130 g botter of margarien
250 ml geelsuiker
2 eiers
375 ml koekmeel
'n knippie sout
5 ml bakpoeier
Goue Maple Stroop (vir versiering)
Brandeywnbsous:
375 ml suiker
220 ml water
20 ml botter
5 ml vanieljegeursel
200 ml brandewyn
Stel die oond op 140 °C.
Spuit of smeer 'n vuurvaste bak van +- 30cm x 20 cm .
So gemaak:
Los die koeksoda in die kookwater op en giet oor die dadels.
Roer deur en laat afkoel.
Roer die koekmengsel en kersies by. Hou eenkant.
Klits botter en geelsuiker saam tot romerig en klits eiers een-een by.
Sif die koekmeel, sout en bakpoeier saam en roer geleidelik by eiermengsel. Voeg neute en laastens afgekoelde dadelmengsel by. Meng goed.
Skep in voorbereide bak en bak sowat 50 — 60 minute.
Maak sous terwyl poeding bak: (maak baie warm net voordat poeding uit oond kom)
Vir die spesiale brandewyn sousie:
Meng suiker met water, bring tot kookpunt en prut sowat 8 minute goed kook.
Haal van stoof af.
Voeg die res van die bestanddele by
Giet oor warm poeding sodra dit uit die oond kom.
Dien op met geklopte room of vla en maple stroop