Friday 23 May 2014

Bolognese-pannekoeke





Bolognese-pannekoeke
Genoeg vir 6 mense
Bereidingtyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute

PANNEKOEKE
 125 ml (1 k) koekmeel
’n knippie sout
 2 eiers
 250 ml (1 k) melk
 15 ml (1 e) olie

BOLOGNESESOUS
 30 ml (2 e) olie
 5 repe strepiespek, in blokkies gesny
 500 g beesmaalvleis
 1 ui, gekap
 2 wortels, in blokkies gesny
 3 knoffelhuisies, gekap
 2 blikke (410 g elk) gekapte tamaties
 1 beesvleisaftrekselblokkie
 1 brandrissie, gekap
 sout en vars gemaalde swartpeper

1.Pannekoeke Meng die meel en sout in ’n groot bak. Breek die eiers in die meelmengsel en giet die melk en olie oor. Klits die bestanddele tot goed gemeng en glad.
2.Verkoel die beslag 20 minute in die yskas.
3.Bolognesesous Verhit intussen die olie in ’n groot braaipan en braai die spekvleis tot goudkleurig. Voeg die maalvleis by en verbruin terwyl jy roer om enige klonte op te breek. Verminder die hitte, roer die ui, wortels en knoffel in en kook tot die groente sag is.
4.Roer die tamatie, aftrekselblokkie en brandrissie in. Laat prut 15 minute en geur met die sout en peper.
5.Smeer ’n pan met geoliede kombuispapier en verhit oor matige hitte. Voeg ’n soplepel van die pannekoekbeslag by en hou die pan skuins om die mengsel oor die basis van die pan te versprei. Bak 30 sekondes en draai dan om om die ander kant te bak. Hou warm terwyl jy die oorblywende beslag bak.
6.Bedek die pannekoeke met bolognesesous, rol op en sit voor.