Thursday 29 May 2014

30-Dag Muffinmengsel




Hierdie heerlike resep het Chris Smit gisteraand op Geure uit die vallei gemaak, dit kan klaar aangemaak vir 30dae in jou yskas gehou word.  Dus bak net elke dag wat jy benodig.  Versier elke keer met iets anders die muffin bo-op.  Hy het rou deegkoekie krummels, piesang met bruinsuiker, pruim en vye gebruik bo-op die wat hy gebak het.

30-Dag Muffinmengsel
2 Eiers
 125 ml Kookolie
 375 ml. Melasse-suiker
 250 ml Neuterige Koringmeel
 375 ml. Koekmeel
 500 ml. Melk
 500 ml. Digestiewe Semels
 ¼ t Naeltjies
 ¼ t Kaneel
 ¼ t Neutmuskaat
 Sout
 5 ml. Vanielje Essens
 10 ml. Koeksoda
 250 ml. Gedroogde Vrugte, Gekap
 150 ml. Rosyntjies
 150 ml. Pekanneute, gekap
• Klop die eiers en suiker baie goed totdat dit lig en donserig is.
• Voeg nou die res van die bestanddele by deur dit liggies deurmekaar te roer.
• Laat die mengsel toe om vir ‘n paar ure te rus voordat dit gebak word.
• Hou die mengsel in ‘n lugdigte houer in die yskas.
• Skep die muffinmengsel in ‘n voorbereide muffinpan en laat staan totdat dit kamertemperatuur bereik.
• Bak in ‘n voorverhitte oond teen 180°C vir ongeveer 22 minute of totdat ‘n toetspen skoon uitkom wanneer getoets word.
• Verwyder uit die pan en laat toe om af te koel.
(Foto geleen)