Friday 11 April 2014

Volstruisfrikkadelle met Tamatiekerrie




Volstruisfrikkadelle met Tamatiekerrie

Vir die Tamatiekerrie:
1t Swart Mosterdsade
1t Komynsade
1 Takkie Vars Kerrieblare
3E Olyfolie
1 Groot Ui, gekap
2 Knoffelhuisies, gekap
3cm Vars gemmer, geskil en fyn gerasper
3/4t Kerriepasta
2t Gemaalde Komyn & Koriander
1t Borrie
2 Blikke Tamaties
Sout na smaak
Vars Koriander
3/4K Gedroogde Appelkose, gekap

Vir die Frikkadelle:
500gr Volstruismaalvleis
Sout na smaak
Vars Koriander, gekap
1t Gemaalde Komyn & Koriander

Begin met die Tamatiekerrie:
• In ‘n baie warm pan, rooster die Kerrieblare, Mosterd- & Komynsade vir ongeveer ‘n minuut.
• Gooi die Olyfolie in die pan, gevolg deur die uie, knoffel en gemmer. Sodra die uie begin sag word, roer die Kerriepasta by, gevolg deur die Komyn- en Koljanderpoeier. Roer om seker te maak dat die mengsel nie aanbrand nie. Verlaag die hitte indien die ui nog nie gaar gekook het nie.
• Voeg die geblikte Tamaties by en roer deur. Hou op medium-hoë hitte met die deksel op vir ‘n paar minute of totdat die Tamaties begin afkook en opbreek.
• Voeg nou die gekapte Appelkose by. Die Kerriesous is nou gereed vir die Frikkadelle.
Vir die Frikkadelle:
• Plaas al die bestanddele in ‘n mengbak en meng goed deur. Vorm in klein balletjies en hou koel in die Yskas totdat die kerriesous gereed is.
• Plaas die frikkadelle versigtig in die kerriesous sodra die sous gereed is. Roer sosdat al die frikkadelle bedek is. Prut vir sowat 10 minute, afhangende van die grootte van die frikkadelle.
• Toets die frikkadelle vir gaarheid, sprinkel die vars Koljanderblare oor en bedien met gestoomde Aromatiese rys

Geure uit die Vallei