Friday 11 April 2014

Peer en Kardamom ‘Frangipane’ Tert




Peer en Kardamom ‘Frangipane’ Tert

Vir die Soet Deeg
330gr. Koekmeel, gesif
100gr. Versiersuiker, gesif
180gr. Botter, baie koud
1 Eiergeel
2E Yswater

Vir die Pere:
3-4 Ryp Pere, geskil en gehalveer
500ml. Water
50gr Heuning
100gr Suiker
Sap van 1 Suurlemoen
1 Vanieljepeul
10 Kardemompeule, liggies gekneus

Amandelsmeer:
125gr. Amandelmeel
12gr. Koekmeel
125gr. Botter, sag
125gr, Suiker
2 Medium (75gr.) Eiers
Knippie Kardamom poeier

Vir die Soet deeg:
Begin deur die Koekmeel & Versiersuiker saam te sif in ‘n mengbak.
• Rasper nou die koue botter by die meel- en versiersuikermengsel. Meng liggies deur en begin dan die botter liggies vryf met jou hande totdat dit soos broodkrummels lyk.
• Meng nou die eiergeel en yswater saam en voeg by die bottermengsel. Meng totdat dit ‘n los deeg vorm en gooi uit op ‘n werksoppervlak. Bring die deeg bymekaar, moenie te veel knie of bewerk nie. Rol die deeg toe in kleefplastiek en verkoel vir ten minste 40 minute.
• Vir die Pere en die Suikerstroop: Plaas al die bestanddele, behalwe die Pere, in ‘n medium pot en bring tot kookpunt. Plaas nou die Pere versigtig in die stroop en kook vir ongeveer 7 minute. Verwyder versigtig uit die stroop en laat afkoel. Behou die stroop in ‘n geseëlde bottel tot volgende gebruik.

• Vir die Amandelsmeer:
• Voeg al die bestandele saam in ‘n mengbak en meng tot glad. Bedek en verkoel tot benodig.
• Finale voorbereiding: Rol die koue deeg uit op ‘n werksoppervlak; bestrooi met ‘n bietjie meel. Maak seker jy draai die deeg in die rondte sodat jy met ‘n sirkel van ‘n paar millimeter dik eindig. Lê die deeg versigtig oor die tertpan en druk liggies in plek.
• Bak die deeg blond vir 15 minute teen 180°C en verwyder uit die oond. Verwyder die bakpapier en bone, prik die bodem met ‘n vurk en bak vir ‘n verdere 5 minute. Verwyder uit die oond en verkoel tot benodig.
• Neem nou die amandelroom en plaas in die tertkors, smeer tot glad en plaas die pere, sonder die stroop, bo-op die vulsel. Sprinkel met Kardemompoeier. Bak die tert in die oond vir ‘n verdere 35-40 minute. Verwyder uit die oond en bedien soos benodig.

Geure uit die Vallei