Friday, 25 April 2014

Melktert soesies en Dadelbrood




Melktert soesies en Dadelbrood

 Beate Joubert en Chris Greeff

Bestanddele

Melktert soesies
Deeg
115 g botter
1 koppie water
120 g koekmeel
½ teelepel sout
4 eiers

Melktertvulsel
2 koppies melk
100 ml suiker
2 eiers
3 eetlepels mielieblom
3 eetlepels koekmeel
½ teelepel Vanielje ekstrak
1 eetlepel gekapte nartjieskil
2 eetlepels botter

Versiering
½ koppie versiersuiker
1 eetlepel suurlemoensap

Dadelbrood
2 koppies gekapte dadels
1/3 koppie lemoenlikeur
4 eetlepels botter
¾ koppie bruinsuiker
1 groot eier
1 teelepel vanillageursel
1 eetlepel lemoenskil, gerasper
2 koppies meel
2 teelepels bakpoeier
½ teelepel koeksoda
1 teelepel fyn kaneel
1 teelepel neutmuskaat
¼ teelepel naeltjies
1 teelepel sout
¾ koppie lemoensap
¾ koppie pekanneute, gekap
Sjokolade ganache vir bediening

Instruksies

Melktert soesies
Deeg
1. Voorverhit oond tot 200ºC.
2. Smelt botter in water oor medium hitte.
3. Verhoog tot kookpunt en haal van die stoof af.
4. Sif meel en sout saam en voeg by die kokende water.
5. Gebruik ‘n houtlepel en roer tot ‘n dik pasta.
6. Plaas terug op die stoof en kook vir 1 minuut.
7. Haal van hitte af an laat afkoel tot louwarm.
8. Roer een eier op ‘n slag by die mengsel.
9. Gebruik ‘n spuitsak en spuit die mengsel op ‘n gesmeerde bakplaat in verlangde vorm.
10. Besprinkel met water.
11. Bak vir 10 minute tot opgepof.
12. verlaag oondhitte tot 180ºC en bak nog 15 minute.
13. Koel af voor die vulsel ingesit word.
NB Moenie die oonddeur oopmaak tydens die baktyd nie.

Melktertvulsel
1. Verhit die melk.
2. Klits die eiers en suiker saam.
3. Voeh mielieblom en koekmeel by en klits goed.
4. Plaas terug op die stoof en kook tot dik.
5. Voeg vanielje, nartjieskil en botter by en roer goed.
6. Laat afkoel en vul die poffertjies.

Versiering
1. Meng suiker en suurlemoensap goed tot glad.
2. Gooi bietjie op ‘n slag oor die poffertjies met ‘n teelepel.
3. Versier met gerasperde suurlemoenskil.

Dadelbrood
1. Voorverhit oond tot 170ºC.
2. Week die dadels in die likeur vir 30 minute.
3. Klits botter en suiker tot romerig.
4. Voeg eier, vanilla en lemoenskil by.
5. Sif droë bestanddele saam.
6.Voeg eiermengsel by droë bestanddele.
7. Voeg lemoensap by.
8 Roer die neute en dadels by.
9. Bak vir ± 55 minute.
Bedien met sjokolade ganache bo-oor.