Friday, 25 April 2014

Braaibroodjies met boerewors


Ons het hierdie oulike idee op braai.com gesien.  Die ideale ietsie om te probeer hierdie naweek.  Braaibroodjies met boerewors: 
Braai jou boerewors en broodjies soos gewoonlik.  Sodra die broodjies amper gaar is, maak hul oop en vul met stukkies boerewors.  Sit dan weer vir so 'n half minuut op die kole.  (Ons vermoed dit sal ook werk as jy die gaar boerewors op die broodjies sit voor jy hul begin braai.  Dalk makliker om dan te hanteer.)