Sunday 13 April 2014

Melktert met smeerkors



Melktert met smeerkors

Maak 2-3 terte
Bereiding: 30 minute
Gaarmaaktyd: 35-40 minute

Kors
125 ml (1/2 k) botter
125 ml (1/2 k) suiker
1 eier

125 ml (1/2 k) melk
375 ml koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
knippie sout
Vulsel
10 x 250 ml (10 k) melk
375 ml (1 1/2 k) suiker
60 ml (1/4 k) koekmeel
60 ml (1/4 k) mielieblom
6 eiers, geskei
15 ml (1 e) botter
5 ml (1 t) bakpoeier
knippie sout
5 ml (1 t) vanieljegeursel
fyn kaneel
  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Smeer 2-3 tertpanne met margarien of spuit met kossproei.
  1. Kors Room die botter en suiker en klits die eier by. Voeg die melk geleidelik by en meng goed.
  2. Sif al die droë bestanddele saam en meng met die bottermengsel. Voer die tertborde met die kors uit. Hou eenkant. VULseL Hou 375 ml (1½ k) melk uit en verhit die res saam met die suiker tot opgelos. Sif die koekmeel en mielieblom saam. Voeg die eiergele en oorblywende melk by en meng tot ’n pasta.
  3. Meng ’n bietjie van die meelpasta met verhitte melk. Voeg by die res van die verhitte melkmengsel en verhit tot dit kook.
  4. Roer gedurig om te voorkom dat dit klonte vorm. Verwyder van die hitte.
  5. Klits die eierwitte styf en vou saam met die botter, bakpoeier, sout en vanieljegeursel by die melkmengsel in. Giet in die tertkorse, stuif met kaneel en bak 35-40 minute of tot goudbruin en stewig.