Lekker idees met Rooibostee:
Ystee: Maak sterk rooibostee in ’n beker aan, versoet na smaak met heuning, sit ’n takkie ment en ’n paar skyfies suurlemoen in en laat heeltemal afkoel. Bêre in koelkas.
Varkribbetjies: Gee ekstra geur aan varkribbetjies deur dit eerste in rooibostee te kook. Smeer met soet brandrissiesous en braai in die oond of oor die kole tot bros.
Koolslaai: Meng sterk rooibostee, ’n bietjie mayonnaise (of Griekse jogurt) en ’n bietjie heuning saam. Giet oor wortel-en-koolslaai-mengsel, meng goed en sprinkel geroosterde sonneblomsaad oor. Sit voor saam met varkvleis of hoender.