Thursday, 3 April 2014

Herfsblare is ons tuinvriende - en dis verniet

Herfsblare in jou tuin ...............is gratis kompos.  Gratis kos en beskerming vir jou tuin.  Dis die natuur se manier om jou te help.  Hier is 'n paar handige wenke wat jy kan in gedagte hou:

1)  Herfsblare kan nuttige grondbedekkers wees rondom plante teen die winter koue.  As die aande begin koud raak, strooi herfsblare rondom die plante wat beskerming teen koue nodig het.  Die blare sal self met tyd ontbind en sommer weer kos terug sit in die grond.
2)  Maak die herfsblare in jou tuin bymekaar, gooi alles in swartsakke, bind toe en laat staan tot lente - en dan het jy jou eie gratis kos vir jou tuin. - Jy kry nie beter en goedkoper nie.
3)  Net vir die pret.  Loop 'n slaggie deur die herfsblare wat op jou grasperk geval het en skop hul vrolik soos 'n kind sonder sorge in die lug - sommer net vir die lekker en die glimlag....