Thursday, 3 April 2014

Herfs Tee in die tuin

Wanneer laas het jy 'n heerlike teetyd / hightea / "teatime" saam met 'n vriendin of sommer saam met familie geniet?  Wel voor die winter dae ons tref is herfs 'n baie mooi tyd van die jaar om die laaste sonskyn dae in die tuin deur te bring.  So as jou weervoorspelling lees "mooiweer en warm", haal uit daardie spesiale tafeldoek, servette en teekoppies.  Sit die stoelle en tafel reg onder die skaduboom.    Nooi 'n vriendin en pak uit die eetgoed en geniet die heerlike herfsmiddag in die tuin met 'n heerlike koppie tee, eetgoed en goeie geselskap.  So hoe lyk dit vriendin?  Wanneer is jou dagboek oop....?