Thursday 24 April 2014

Geurige hoender met botterboontjies



Geurige hoender met botterboontjies

4-6 hoenderborsfilette, in blokke gesny
sout en peper
30 ml (2 e) olie
2 uie, in skywe gesny
15 ml (1 e) borrie
2 ml (½ t) fyn komyn
2 ml (½ t) fyn koljander
1 kaneelstokkie
125 ml (½ k) hoenderaftreksel
1 x 410 g-blik botterboontjies
125 ml (½ k) Griekse jogurt
hand vol gekapte koljanderblare
  1. Geur die hoender met die sout en peper.
  2. Verhit die olie en braai die uie tot goudbruin. Voeg die borrie, komyn, koljander en kaneel by en roerbraai tot geurig.
  3. Voeg die hoender by, roerbraai ’n paar minute en voeg die aftreksel by. Laat prut 15 minute of tot die hoender gaar is.
  4. Roer die boontjies en jogurt deur en laat stadig prut tot effens verdik.
  5. Sprinkel die koljander oor en sit voor op basmatirys