Tuesday 25 March 2014

Waaier Aartappels




Waaier Aartappels
So maak ek die aartappelgereg op bl. 66 van die heel eerste Kook en geniet (1951)
genoeg vir 6
Bestanddele:...
12 groot aartappels
60 ml olyfolie
45 ml gerookte paprika

2 takkies roosmaryn, baie fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit oond tot 180 °C. Plaas aartappels een op ’n slag in ’n opskeplepel met diep holte. Gebruik ’n skerp mes en maak ’n klomp snytjies in elke aartappel – sny elke sny tot die mes op die rand van die lepel druk. Meng res van bestanddele, buiten sout en peper. Plaas aartappels in oondroosterbak en skep oliemengsel oor. Geur goed. Bak vir 30 – 35 minute of tot aartappels goudbruin en bros is. Sit warm voor saam met potbraaihoender.