Monday 24 March 2014

Tortillas



Lana van Helsdingen
 
Vir die wat nie weet wat om vir aandete te maak nie. Die is 'n treffer as ons mense het. Die kombinasie van die Griekse of Plain Joghurt met die grasuie en res is so lekker.

Tortillas
650 ml koekmeelblom
100 ml mieliemeel...
10 ml bakpoeier
3 ml sout


60g botter/marg
175 ml water

Sif droe bestandele saam in mengbak. Vryf die botter/marg met jou vingerpunt in tot goed gemeng en voeg net genoeg water by om sagte deeg te vorm. Knie die deeg tot glad en elasties. Verdeel in 12 ewe groot stukke en rol bolletjies. Bedek met kleefplastiek en laat 30 min staan. Rol dan op 'n meelbestrooide uit. Rol dit dat dit min of meer sirkel vorm het. Verhit jou pan (moenie jou pan smeer nie die pan moet droog wees) op stoof. Bak die tortillas een vir een tot ligbruin gevlek aan beide kante. Skep uit en bedek met tinfoelie as jy dit wil warm hou.
Dien op saam met geurige maalvleis, "Baked beans", tamatieblokkies, stingelui/grasuitjies (springonion), pietersielie, Griekse Joghurt of "Plain Joghurt", gerasperde Cheddarkaas. Alles in afsonderlike bakkies sodat elkeen sy eie kan skep op die tortillas. Lewer 12 heerlike tortillas. Probeer dit gerus. Bron: Tydskrif (Cathy Immelman)