Thursday 20 March 2014

Potbrood met sout vulsel




Lourens de Lange
 
Boskos -  Potbrood met sout vulsel

 Sout vulsel vir die brood
1 Pakkie klaar gekoopte deeg (Deel die deeg in twee gelyke dele en rol die dele langwerpig uit (sowat 1 sentimeter dik) en pak die volgende vulsels daarop:
10 skyfies ham, in blokkies gesny
2 koppies gerasperde cheddarkaas
2 hande vol vars basiliekruid (of 2 teelepels droë basiliekruid)
2 koppies gesnyde, songedroogde tamaties (gedreineer as dit in olie ingelê is)
1 teelepel growwe sout, plus ’n klein bietjie ekstra om op die brood te strooi
varsgemaalde swartpeper
2 eetlepels olyfolie, plus ekstra om oor die brood te verf
1 teelepel droë of vars roosmaryn om oor die brood te sprinkel
Ringkop. Pak die bestanddele uit op die deeg en besprinkel dit met sout, peper en olyfolie. Trek die deeg oor die vulsel sodat dit soos ’n lang buis lyk. Bring een punt van die deeg oor na die ander punt en druk dit teen mekaar vas sodat jy ’n ring het.
Op heterige kole. Verf ’n bietjie olyfolie op die brood en sprinkel growwe sout en roosmaryn bo-oor. Sit die ring in ’n platboomysterpot wat goed met botter gesmeer is en plaas dit op louwarm kole. Sit warm kole op die deksel en bak vir ’n uur of tot gaar.