Friday 14 March 2014

Oostenrykse Koffiekoek





Oostenrykse Koffiekoek – Roline de Beer

Hierdie is 'n baie mooi nagereg, die koek word deurweek koffie en gegeur met brandewyn.

170 g botter
170 g strooisuiker
3 eiers, geklop
170 g bruismeel
knippie sout

280 ml klaargemaakte sterk, swart koffie
suiker
280 ml room, geklop met suiker en 2 druppels vanieljegeursel
amandels, bruin gerooster
brandewyn



Stel die oond op 190ºC.

Room die botter en suiker in 'n mengbak tot dit lig en donsig is.

Klop die eiers geleidelik by en vou die meel en sout by met 'n metaallepel.

Skep die mengsel in 'n gesmeerde koekpan van 20 cm in deursnee vir 40 minute.

Keer die koek uit wanneer dit gaar is en laat afkoel.

Meng die koffie en suiker tot stroperig en geur met brandewyn na smaak.

Plaas die koek op 'n bord, deurweek dit met die koffiestroop en smeer toe met die room.

Versier die koek met die amandels.