Thursday 13 March 2014

Oorskiet stukkies Seep




SEEP (OORSKIET STUKKIES):
Maak genoeg stukkies bymekaar om ‘n ou koffieblik (750g) te vul, meng met 1lt kookwater, en smelt oorlae hitte en roer tot heeltemal gesmelt. (Nie noodsaaklik dat dit heeltemal smelt nie, solank die stukkies net aanmekaar kleef) Voeg by ‘n klein botteltjie gliserien en 2 eetl olyfolie. Gooi uit in langwerpige bak en laat in son hard word. Wees net versigtig om nie die rookwalms van die smeltende seep in te asem. (Jy kan ook ‘n ou kastrol gebruik wat jy nie meer gebruik nie)