Monday 24 March 2014

Naweek plantwerk

Met die langnaweke hier, is baie van ons lus om ook bietjie in die tuin rond te grawe en ons tuin vernuf bietjie te toets.  So as jy lus is om bietjie 'n eie klein groentetuintjie te begin, hier is 'n lys van wat nou geplant kan word: 

Maart
Beet, boerbone, broccoli, kool, geelwortels, blomkool, preie, blaarslaai, rape, spinasiebeet, ertjies

April
Broccoli, kopkool, blomkool, geelwortels, preie, uie, spinasie, radyse en beet, knoffel, aarbei-saailinge.