Thursday 27 March 2014

KOEKIEDRUKKER - KOEKIES (BISCUIT GUN)



KOEKIEDRUKKER - KOEKIES (BISCUIT GUN)

INGE SE KLAPPERKOEKIES:
4 k. koekmeelblom 270 ml. suiker
225g. margarien (Stork/Rama) 1 teel. kremetart...
2 eiers 1 teel. koeksoda
1 k. klapper

Sif die meel, sout koeksoda en kremetart saam. Vryf die margarien in. Voeg
die suiker en klapper by. Maak aan tot stywe deeg met geklitste eiers en 'n
bietjie melk indien nodig.
Laat staan vir 'n uur in die yskas.
Druk deur koekiedrukker op liggesmeerde bakplaat.
Bak in oond 180-190ºC tot bruin plus minus 8 - 12 minute. Toets vir gaarheid.
MAIZENA TEEBESKUITJIES:
2 ½ k. koekmeel 1 k. maizena
3 eiers 1 k. suiker
220g. margarien knippie sout
1 teel. vanielje geursel ½ teel. lemoengeursel
3 teel. bakpoeier
Meng al die droë bestanddele saam. Vryf die margarien deeglik in. Maak aan
met die geklitste eiers en geursel. Laat deeg een uur lank in yskas.
Druk af op liggesmeerde bakplaat.
Bak by 200ºC tot ligbruin plus minus 8-12 minute.

KOOKMELKKOEKIES:
6 X 250 ml. ongesifte koekmeelblom 2 ml. sout
500g. botter/Margarien 2 k. suiker
125 ml. melk 10 ml. koeksoda
Meng die koekmeel en sout. Vryf botter met vingers in tot goed gemeng.
Verhit die suiker, melk en koeksoda saam oor matige hitte in 'n groot
kastrol tot kookpunt en roer af en toe en pasop vir oorkook want dit
skuim baie.
Gooi die warm kookmelkmengsel oor die koekmeelmengsel en meng goed.
Plaas die deeg in 'n houer met 'n deksel, maak toe en verkoel dit tot koud, dit kan
oornag in die yskas gehou word.
Voorverhit die oond tot 200ºC en smeer bakplate liggies.
Vul koekiedrukker met deeg en druk af op bakplate.
Bak die koekies 10 - 12 minute.

KOFFIEKOEKIES:
8 k. meel 500g. botter/margarien
2 k. suiker 1 k. appelkooskonfyt
60 ml. Sterk swart koffie (¼ k.) 7,5 ml. Vanielje geursel
1 x 25g. pakkie koeksoda
Vryf botter in die meel en voeg suiker en konfyt bymekaar.
Maak die koeksoda met 'n bietjie melk aan.
Meng die koffie en geursel.
Voeg alles bymekaar en meng tot deeg. Plaas in yskas vir ten minste 'n uur
lank.
Sit deeg in koekiedrukker en druk af op liggesmeerde bakplate.
Bak in oond 190-200ºC vir 10-15 minute. Hou maar dop.
VULSEL:
1 k. suiker 125g. botter/margarien
80 ml. melk 15 ml. koffie-ekstrak
5 ml. vanieljegeursel
Kook bestanddele alles 5 minute saam in kastrol en klop met 'n houtlepel
nadat dit van die plaat afgehaal is tot koud en styf en vul die koekies.

KOFFIEKOEKIES:
8 K. koekmeel 25g. koeksoda
2 k. suiker 1 k. gouestroop
500g. botter/margarien 30 ml. kookwater
30 ml. koffiepoeier
Klits die suiker en botter goed. Voeg by koffie, stroop en koeksoda (maak die
koeksoda aan met 'n bietjie kookwater.
Voeg mee by , as dit te styf is, voeg 'n bietjie melk by, maar eerder te styf
as te slap.
Sit deeg in yskas vir 'n uur lank.
Druk koekies af op liggesmeerde bakplate.
Bak in oond 190-200ºC vir 10 - 15 minute en hou dop.
VULSEL:
190 ml. melk 1 k. suiker
125 ml. botter 1 teel. vanielgegeursel
1 eetl. koffie-ekstrak
Kook die melk, suiker en botter vir ± 10-15 minute saam. Haal van plaat af.
Voeg die geursel en ekstrak by. Klop tot dik. Gebruik dadelik.

VLA- KOEKIES VIR KOEKIEDRUKKER - BISCUIT GUN
6 k. koekmeel 1 k. vlapoeier
1 k. maizena 5 teel. bakpoeier
500g. margarien (Stork/Rama) 2 k. suiker
4 eiers 2 teel. vanieljegeursel
Room margarien en suiker saam. Voeg eiers by en dan die geursel.
Sif die droë bestanddele in. Meng goed. Plaas in yskas vir 'n uur lank.
Sit deeg in koekiedrukker en druk koekies op liggesmeerde bakplaat.
Bak in oond van 180ºC vir 12 - 15 minute. Hou dop.

KONDENSMELKKOEKIES:
12 k. koekmeel 3 k. suiker
3 k. botter 1 pakkie koeksoda (25g)
1 eetl . gouestroop 4 eiers
1 blik kondensmelk 1 k. vet (holsum)
1 pakkie kremetart (25g)
Klits die botter, vet en suiker goed. Klits die stroop by. Klits die eiers baie goed en voeg dit by bogenoemde asook die kondensmelk.
Sif die droë bestanddele en meng met eerste mengsel.
Knie goed en plaas in yskas vir 'n uur lank.
Druk koekies af op liggesmeerde bakplate.
Bak in oond 180-190ºC vir plus minus 15 minute lank.

LEMOENKOEKIES:
½ k. botter 1 eier
3/4 k. suiker 1 teel. gerasperde lemoenskil
1 teel. lemoensap
1½ k. koekmeelblom 1 teel. bakpoeier
¼ teel. sout
Klop die botter en die suiker saam met 'n houtlepel tot dit goed gemeng en romerig is. Voeg die eier by en klop dit goed.
Voeg die skil en sap by.
Sif die droë bestanddele saam en voeg dit by. Maak 'n stywe deeg aan en plaas in
die yskas vir 'n uur lank.
Druk koekies af op gesmeerde bakplaat.
Bak in oond 200ºC vir 10 minute lank.

KOEKIEDRUKKER - BISCUIT GUN
MAIZENA KOEKIES:
4 k. koekmeelblom 4 teel. bakpoeier
500g. margarien 900 ml. versiersuiker
900 ml. maizena 4 eiers
Meng margarien en versiersuiker goed. Voeg eiers een vir een by en meng goed.
Sif droë bestanddle saam en voeg by botter mengsel en meng goed.
Plaas in yskas vir een uur lank.
Druk af op gesmeerde bakplate.Bak by 200ºC vir 10 - 15 min. en hou dop.
Dit moet nog lig van kleur wees.

TEE-KOEKIES:
2 k. koekmeelblom 1 k. botter
3/4 k. suiker 1/8 teel. sout (knippie)
½ teel. bakpoeier 1 eier
½ k. vlapoeier of maizena 1 teel. vanieljegeursel
Room botter en suiker saam. Voeg eier by en meng. Voeg droë bestanddele wat
vooraf saam gesif is by. Meng goed en plaas in yskas vir uur lank.
Druk uit op gesmeerde bakplate en bak by 180ºC vir 10 minute.