Thursday 27 March 2014

Gebakte sjokolade-en-vanielje-kaaskoek




Gebakte sjokolade-en-vanielje-kaaskoek
Genoeg vir: 10-12
Bereidingstyd: 30 minute, plus afkoeltyd
Baktyd: 45 minute
Oondtemperatuur: 180 oC

• 135 ml (125 g) botter, gesmelt
• 1 pakkie tennisbeskuitjies, fyngedruk
• 3 x 250 g-bakkies gladde maaskaas
• 2 blikkies kondensmelk
• 125 ml suurlemoensap
• 250 ml (210 g) suiker
• 10 ml vlapoeier
• 250 ml room
• 90 ml (30 g) kakaopoeier
• vars bessies, om voor te sit

1 Meng die botter en beskuitjies en druk dit in ’n gesmeerde 22 cm-losboom-koekpan. Sit in die yskas.

2 Meng al die ander bestanddele behalwe die room en kakao.

3 Klop die room styf en vou dit by die mengsel in. Gooi die helfte van die mengsel in die koekpan. Sif die kakao oor die res en roer dit daarby in. Skep dit versigtig op die vanieljelaag.

4 Bak die koek vir 45 minute in die verhitte oond. Laat dit oornag afkoel en sit in die yskas. Sit dit koud voor met vars bessies.

(Idees)