Monday 17 March 2014

EIER BOOTJIES




Lourens de Lange
 
EIER BOOTJIES
Bestanddele
4 lang stewige broodrolletjies
250gr wors (jou keuse, vark, bees, kaasworsies, viennas ens ) gebraai en in stukkies gesny...
8 eiers
½ koppie room
250gr kaas, gerasper

3 groen spruit uie, dun gesny (gewone uie fyn gekap sal ook werk)
Sout en peper na smaak
Metode:
Verhit die oond tot 180 C
Sny en trek uit die middel van al 4 broodrolletjies – los net ‘n bietjie in bodem en teen die kante.
Klits liggies saam die eiers en die room.
Klits res van die bestanddele by en voeg die wors by .
Skep die beslag in die broodrolletjie boot.
Plaas al 4 rolletjies op ‘n bakplaat en bak vir 25-28 minute of tot gestol in die middel. Laat afkoel vir 10 minute, sny en bedien.