Thursday 13 March 2014

Chinese rolletjies




Chinese rolletjies
VULSEL
 2 blikke (185 g elk)
 tuna
 1 blik (400 g) pitmielies,
 gedreineer
 250 ml (1 k) gerasperde
 mozzarellakaas
 80 ml (1∕3 k) mayonnaise
 sout en peper
FILO
 1 rol filodeeg
 45 ml (3 e) botter, gesmelt
Voorverhit die oond tot 200 °C.
1.VULSEL Meng al die bestanddele. Geur met sout en peper.
2.FILO Verf ’n vel filodeeg met gesmelte botter en plak nog een bo-op.
3.Sny die filo in 3 stroke en plaas van die mengsel op elke strook.
4.Rol die deeg een keer om, vou die kante in en rol verder op. Herhaal met die res.
5.Verf met die botter en bak 15 minute.
6.Sit voor met soet rissiesous.